DIE SENTRUM VIR MISTIEK

Die Sentrum vir Mistiek is ‘n nie-winsgewende organisasie wat bestaan vir die bevordering van die bestudering en verstaan van mistiek en die historiese en huidige betekenis daarvan.

Ten einde hierdie doelstelling te bereik ...

  • verstaan die Sentrum dat ‘mistiek’ die volgende dimensies impliseer:
    • verligte wysheid en insig
    • helderheid van emosies en wil, en
    • klaarheid van universele welwillendheid en milddadigheid
  • verstaan dit mistiek as gedeeltelik oorvleuelend met die terreine van religie, wetenskap, filosofie en esoterika
  • respekteer dit alle historiese uitingsvorme van die mistiek
  • aanvaar dit dat die mistiek in die basiese konstitusie van die menslike spesie gewortel is
  • neem dit die bymekaarkom van alle historiese vorme van mistiek in die wêreld van vandag en môre in oop, vriendelike en kritiese gesprek waar, en bevorder dit
  • neem dit deel aan ‘n gesprek met die wetenskappe (die natuurwetenskap, psigologie, sosiologie, geskiedenis, ensovoorts)
  • versprei dit inligting oor verbandhoudende literatuur
  • organiseer dit samesprekings, konferensies, ensovoorts
  • dra dit by tot die ontwikkeling van ‘n breë, insluitende historiese raamwerk vir die verstaan van mistiek
  • dra dit by tot teorievorming oor mistiek

KONTAKBESONDERHEDE

Posadres: Posbus 73714, Lynnwoodrif 0040, Pretoria (Tshwane), Republiek van Suid-Afrika
Faks: (+27)12-803-5499
Telefoon: (+27)12-803-5749
Sel: 076-070-3434
EPos: jskruger[at]mysticism.co.za